Skip to main content

Dit was ‘n koue en nat winter, maar die dae word nou langer en warmer. Slange is meestal onaktief in die winter, maar dit is nou tyd vir hulle om uit te kom en teelmaats te soek. Die reptiele beweeg gewoonlik laatmiddag of vroegoggend wanneer dit nog koelerig is.

‘n Werf met baie wegkruipplekke, goed wat rondlê en waterpunte lok knaagdiere, wat dan op hul beurt slange lok.

As jy ‘n slang in die natuur raakloop, los dit uit. As jy een in jou huis vind, skakel 082 532 5033, en ‘n vrywilliger sal dit in die natuur terugbesorg.

As jy gepik word, probeer om die slang te identifiseer en soek so gou as moontlik mediese hulp.

Leave a Reply

error: Content is protected !!