R118 miljoen vir grond in New York wat nie bestaan nie. Dìt is wat die finansiële baas van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking in Pretoria sy werk gekos het.
Hy sluit nou aan in die werkloosheid ry langs die voormalige DG Kgabo Mahoai wat verlede maand afgedank is.
Albei mans word ook aangekla van growwe nalatigheid asook onreëlmatige uitgawes in die 2016 kontrak vir ‘deurskynende’ eiendom. Hulle plan was glo om die grond te ontwikkel om diplomate daar te akkommodeer.
Ramashau se verhouding met Dirco is beëindig ná ‘n tugverhoor waar hy skuldig bevind is.