‘n Taxidrywer het twee fietsryers gister in Johannesburg raakgery en een meer as ‘n halwe kilomemeter saamgesleep.
Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie (JMPD), het gese die taxidrywer was glo onder die invloed en het probeer vlug na die voorval.
Hy is egter deur veiligheidswagte in die omgewing gevang en deur owerhede in hegtenis geneem op aanklagte van dronkbestuur en strafbare manslag.
Volgens Minnaar was die oorlede fietryers 690m ver gesleep voordat die taxi uiteindelik stilgehou het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die toneel was selfs skokkend vir nooddienswerkers.