Skip to main content

Die polisie in Gauteng gaan voort met naweek-operasies, en om hul sigbaarheid te verskerp, wat daarop gemik is om misdaad te verminder en om die oortreding van die Wet op Rampbestuur af te dwing.  Hierdie operasies het die naweek gelei tot meer as 960 arrestasies, waaronder 85 mense wat gearresteer is onder die invloed van drank bestuur het.

Luitenant-generaal Elias Mawela, provinsiale kommissaris van Gauteng, het ‘operasie O Kae Molao’ in Hammanskraal en Temba, Tshwane-distrik, gelei. Faith Mazibuko, LUR vir gemeenskapsveiligheid, in Gauteng het ook by die groep aangesluit.

Meer as 960 verdagtes is in hegtenis geneem vir misdade wat wissel van die oortreding van die rampbestuur, motorkaping, poging tot moord, roof, drankhandel sonder lisensie, bestuur onder die invloed van alkohol en kwaadwillige saakbeskadiging.

Leave a Reply