Suid-Afrika het die hoogste werkloosheidsyfer ter wêreld.
Die jeugwerkloosheidsyfer in Suid-Afrika was gemiddeld 54,21 persent vanaf 2013 tot 2021 en het in die tweede kwartaal van 2021 ‘n hoogtepunt van 64,40 persent bereik.
‘Daar is nou 9,1 miljoen mense in ons land, met of sonder opleiding, tussen 15 en 34 jaar wat nie werk het nie.
Volgens die Quarterly Labor Force Survey (QLFS) van die 1ste kwartaal van 2021 sukkel jong mense steeds op die Suid-Afrikaanse arbeidsmark. Die amptelike werkloosheidskoers was op daardie stadium 32,6%. Hierdie koers was 46,3% onder jongmense tussen 15 – 34 jaar, wat beteken dat byna een uit elke twee jongmense in die arbeidsmag in die eerste kwartaal van 2021 nie werk gehad het nie. Ongeveer ‘n kwart (24,4%) van die jeug het werk en 45,3% van hulle neem deel aan die arbeidsmark. Binne die jeug is diegene tussen die ouderdomme van 15 en 24 jaar meer kwesbaar op die arbeidsmark met ‘n werkloosheidsyfer van meer as 63%, ‘n opnamesyfer van ongeveer 7,6% en ‘n arbeidsmagdeelname van 20,6%.
Ann Bernstein, uitvoerende direkteur van die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming, sê “hulle sit vas in ‘n ‘siklus van afhanklikheid ‘, soos onlangs deur die nuwe minister van finansies, Enoch Godongwana, uitwys is. Ons het beslissende optrede op ‘n aantal gebiede nodig, waaronder die drastiese uitbreiding van die ekonomie, asook die herstel van die arbeidsmark om te verseker dat werkgewers aangemoedig word om jong mense aan te stel en die opleidingstelsel reg te stel.”
Dankie vir goeie betroubare nuus