Skip to main content

Gautengse polisie het op verskeie ongelisensieërde vuurwapens asook ammunisie beslag gelê sedert 26 September.

Dìt nadat die polisie ‘n veldtog geloods het om misdaad te probeer bekamp.  Die gemeenskappe het gedurende hierdie veldtog ‘n bydrae gelewer deur inligting deur te gee aan die polisie, aangesien almal moeg is om onder misdaad gebuk te gaan.

“Die polisie het ook inligting ontvang oor verdagtes wat van plan was om ‘n winkel in Cosmo City te beroof,” het  Mavela Masondo, ‘n polisiewoordvoerder gesê.

Hy het gesê die polisie van die Honeydew Reaction-span het ‘n voertuig opgemerk wat ooreengestem het met die beskrywing wat deurgegee was.  Luidens ‘n verklaring was vier verdagtes in hegtenis geneem nadat die polisie op die voertuig toegeslaan het.  Die polisie het daarna na ‘n huis gegaan en nog twee verdagtes is in hegtenis geneem waar twee ongelisensieërde vuurwapens gevind is. “

Masondo het ook gesê die polisie het Vrydag drie vuurwapens teruggekry toe hulle ‘n verdagte agtervolg het wat vermoedelik betrokke is by verskeie moorde in Bekkersdal.

 

Leave a Reply