Skip to main content

Ongeveer twee maande terug was daar berig oor ‘n plaasaanval wat op 11 Augustus in Theesecombe naby Port Elizabeth plaasgevind het, waar ‘n groep gewapende swartmans in klapmusse die glasdeur stukkend gegooi het om toegang te verkry.

Die tweede voorval het op 19 Augustus omstreeks 18h45 naby St Francisbaai plaasgevind, terwyl die eienaars van die plaas Braklaagte tussen Hankey en Humansdorp besig was om TV te kyk.  Daar was ‘n groot klip deur die glasdeur gegooi en ‘n groep gewapende mans het die huis ingestorm.  Dieselfde modus operandi is gebruik as in die aanval op 11 Augustus in Theesecombe naby Port Elizabeth.

Verskeie stukke huisraad sowel as ‘n pistool en ammunisie is in die voorval gebuit.  Albei slagoffers is vasgebind en in die badkamer toegesluit.  Die egpaar het gelukkig geen beserings opgedoen nie, maar is baie getraumatiseer.

Die SAPD, plaaslike veiligheidsmaatskappy (Dark Water Ops,) en NHW lede van die boeregemeenskap van Humansdorp, Hankey en Patensie het almal hulp verleen, en gesê dat patrollies in hierdie gebied verhoog sal word, maar elkeen moet sy rol speel en ekstra waaksaam wees en hul veiligheid ernstig opneem.

Die saak word verder ondersoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!