Vandag is Wêreld-glimlagdag.
Hierdie dag het ontstaan as gevolg van ‘n reaksie deur ‘n skepping van ‘n kommersiële kunstenaar met die naam Harvey Ball, die sogenaamde smiley face.
Die skepping (simbool) is op baie verskillende maniere gebruik, insluitend klere, strokiesprente, koffiekoppies, penne ensovoorts. Hierdie klein geel gesiggies is meer as net ‘n simbool, gaan oor die krag en uitwerking van ‘n glimlag.
Sit ‘n glimlag op jou gesig vandag en verlig die wêreld om jou.