Skip to main content

Gans te laat. Dit is die algemene opvatting uit liggame in die drankbedryf nadat President Cyril Ramaphosa gisteraand aangekondig het dat die land nou na vlak een van inperkings verskuif.

Lethu Tshabangu van Ukhamba Beerworx, ‘n vennoot van Craft Brewers Association of South Africa en Beer Association of South Africa, het gesê hy is nie eers opgewonde oor die nuwe regulasies nie.

Volgens Tshabangu is die alkoholbedryf die swaarste getref en baie werkers reeds afgedank oor die inperkings. Die aankondiging dat alkoholverkope nou uit alle gelisensieërde winkels toegelaat sou word, is volgens hom ‘n bietjie te laat.

Die skade is reeds aangerig.

Die Suid-Afrikaanse drankbedryf het ‘n verlies van minstens R8.5 miljard plus ongeveer 3 000 werkgeleenthede gehad sedert die ‘vierdag-verkope’-inperkings begin het, en nog is dit het einde niet…

Daar word beraam dat die alkoholbedryf in Suid-Afrika in geheel R36,3 miljard aan inkomste uit kleinhandelverkope verloor het sedert die op en af drankverbod in 2020 begin het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!