Skip to main content

Dit is verstommend dat, ten spyte van die verdoemende bewyse van korrupsie teen Zweli Mkhize, mense hulle steeds agter hom skaar. Dit sluit die plaaslike ANC tak en sy familie in.

Luidens die SOE verslag word beweer dat Mkhize versuim het om toesig te hou met betrekking tot die Digital Vibes-kommunikasietender wat die departement van gesondheid aan die maatskappy toegeken het.

Die SOE het Dedani, Mkhize se seun, uitgewys as een van die voormalige minister se familielede wat voordeel getrek het uit die omstrede tender van R150 miljoen wat aan Digital Vibes – ‘n maatskappy onder beheer van Mkhize se bondgenote – toegewys is.

Leave a Reply