Skip to main content

Die voormalige uitvoerende hoof van Tekkie Town, Bernard Mostert, gaan voort met sy poging om te probeer keer dat die kleinhandelaar Steinhoff ‘n ooreenkoms sluit om miljarde rande aan eisers uit te betaal in ruil daarvoor dat hulle alle eise teen die groep laat vaar.

Mostert het Woensdag ‘n beëdigde verklaring by die Wes-Kaapse hof ingedien teen die aansoek van Steinhoff om sy skikkingsvoorstel van R25 miljard bindend te maak. Mostert is ook betrokke by ‘n aparte bod om Steinhoff te laat likwideer.

Ingevolge die voorgestelde ooreenkoms sal die eisers ‘n deel van hul geverifieërde eise uitbetaal kry as gevolg van die reuse daling in Steinhoff se aandeelprys. Hulle sal daarna alle regsgeskille teen Steinhoff moet laat vaar, wat sal veroorsaak dat laasgenoemde geen aanspreeklikheid erken nie.

 

Leave a Reply