Skip to main content

Maak ‘n plan. Drie woorde wat sekerlik by baie mense in die Digital Vibes skandaal spook.

Veral by die persoon wat in beheer was van die nasionale departement van gesondheid (NDoH) se finansies nadat hy opdrag gekry om ‘n plan te maak vir geld. Dìt nadat hy sy base gewaarsku het dat die riskante kontrak van R150 miljoen met Digital Vibes nie van dag een af deel was van die departement se begroting nie.

Ian van der Merwe, die finansiële hoof van die departement, het nie die ooreenkoms wat met Digital Vibes gesluit is gesien voordat dit onderteken is nie. Dit is onthul in die verslag van die spesiale ondersoekeenheid (SIU) wat ongeveer vier maande gelede aan president Cyril Ramaphosa oorhandig is rakende die onreëlmatige kontrak met Digital Vibes.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!