Skip to main content

Suid-Afrikaanse toergidse is ingeskryf vir ‘n program van ses weke wat Mandaryns en Chinese gebruike leer, in afwagting van ‘n toestroming van stinkryk toeriste.

Byna 100,000 reisigers uit China het Suid-Afrika in 2019 besoek, wat dit een van die land se grootste bronne van internasionale toeriste maak. Na verwagting sal ‘n groter hoeveelheid Chinese reisigers vanjaar hier aanklop.

‘n Leerprogram, Mandaryns Taalopleiding vir Toergidse, is daarop gemik om Chinese besoekers ‘n ryker toeriste-ervaring in Suid-Afrika te bied. Dit was reeds van staple gestuur net voordat die pandemie in 2020 getref het.

Tot dusver het 40 toergidse reeds die kursus suksesvol voltooi, en 16 toergidse vanuit Noordwes, Noord-Kaap en die Vrystaat het op 27 September, Wêreld Toerisme Dag, begin klas draf.

Die program is ‘n uitbreiding van die Confucius-klaskamer van die Chinese kultuursentrum in Suid-Afrika in samewerking met die departement van toerisme.

Die nuwe studente sal ses weke in die Aha Kopanong Hotel and Conference Center in Benoni deurbring, en die eerste deel van die kursus sal op 6 November eindig.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!