Skip to main content

Om voorwerpe te kou is heeltemal normaal by enige viervoetiges. Dit kan egter ‘n gedragsprobleem raak as Wagter vernielsugtig raak en baie skade veroorsaak.

Redes waarom honde voorwerpe kou is soos volg:

Babatandjies wissel

Verveeldheid/Oormaat Energie

Angstigheid (As jy hom alleen moet laat)

Nuuskierigheid (veral klein hondjies)

Deur verskeie en interessante speelgoed neer te sit, leer jy jou woef om eerder sy speelgoed te kou as om aan jou meubels of ‘n paar duur Christian Louboutin’s of die nuwe paar Gucci’s wat jy nie jou man van vertel het nie te verwoes.  So hou eerder jou persoonlike items weg van Wagter.

As Wagter iets kou of vernielsigtige gedrag toon, praat duidelik en in ‘n harde stem sodat hy weet jy is nie gelukkig nie, bv. NEE, STOUT! gee dan vir hom een van sy gunsteling speelgoed en loop weg.  Een van die belangrikste dinge wat jy kan doen is om seker te maak jou woefter kry genoeg oefening en stimulering.

Sterkte, en baie belangrik: vertel vir liefie van die nuwe paar Gucci’s wat jy natuurlik “spotgoedkoop” op ‘n uitverkoping op die internet moes aanskaf.

Leave a Reply

error: Content is protected !!