Skip to main content

Sarah Masilela se burgemeesterstitel vir die Nkangala munisipaliteit is opgeskort, maar die ANC sê daar is niks fout daarmee dat sy steeds met haar spoggerige 2020 BMW X3 staatsmotor rondry en veiligheidsvoordele geniet nie, want sy is nog in geen hof skuldig bevind nie.

Masilela en agt ander munisipale ampte is in Augustus deur die Valke vir bedrog in hegtenis geneem. Die spul het glo vals dokumentasie ter waarde van meer as R200 000 ingehandig vir ‘n Erfenisdagfunksie te Kwandebele wat nooit plaasgevind het nie. Hulle is almal op borgtog van R10 000 uit.

Sello Matshokga, die streekswoordvoerder het gesê ‘omdat sy nie haar amp volstaan gedurende die ondersoek nie, beteken dit nie dat sy opgehou het om die burgemeester te wees nie’.

Die waarnemende burgemeester, Tiny Mthimunye, sit droëbek aangesien Masilela weier om afstand van haar drywer, voertuig en lyfwagte te doen.

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!