Skip to main content

ISAAC CLOETE

Namakwaland het baie mooi blomme, maar nog mooier vroue.

Dit is die afleiding wat mens maak nadat nog ‘n Namakwalander ‘n gesogte titel in die Noord-Kaap losgewikkel het.

Hierdie keer is dit die fraaie Zuré Cloete (18), oorspronklik van Carolusberg, buitekant Springbok.

Sy is onlangs in Kathu aangewys as Teen Miss Northern Cape. Sy het ook ander toekennings gewen, onder meer Teen Best Interview, Teen Style Award, Overall Style Award en Philanthropist Achievement.

Sy het gesê: “Ons was vanaf die oggend tot aand deur vyf beoordelaars aan verskillende onderhoude blootgestel. Ek was baie senuweeagtig, maar toe ek op die loopplank beland, was alles vergete en ek op my stukke.”

Volgens haar het sy in trane uitgebars toe haar naam die aand as wenner uitgelees word. Sy kon basies haar ore nie glo nie en dit voel steeds vir haar so onwerklik, het sy opgemerk.

Na Saterdgaand se gebeure by die Kalahari Country Club is sy nou gereed om behoeftige kinders te help. Dit is immers waarvoor Role models foundation gestig was.Die organisasie samel items en artikels, soos nie-bederfbare kos en klere in vir kinders wat dit nie breed het nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!