Skip to main content

 

Volgens Sindisiwe Seboka, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die nasionale vervolgingsgesag, is die man Dinsdagaand, voor hy op die vliegtuig kon klim, in hegtenis geneem.  Daar word vermoed hy was glo op pad na Dubai vir ‘n sakebesoek.

Die man word al vir ‘n geruime tyd ondersoek. Die klag hou verband met die korrupsie by Transnet en Regiments Capital asook Trillian Capital.  Daar is glo onregmatige kontrakte met Transnet bekom deur die Guptas en hul vernnote.

Hy sal na verwagting vandag in die landroshof in Palm Ridge verskyn.

Leave a Reply