Ons gaan nie doekies omdraai nie. Dis lekker maar gevaarlik om ‘n ANC-politikus te wees. Veral hierdie tyd van hierdie jaar. Nie een van dié wat staan vir politieke posisies in munisipale wyke is seker dat hulle wel, indien hulle dit oorleef tot by die verkiesingsdatum, wel hul poste gaan vul nie.
Minstens 90 ANC-politici is sedert 2016 vermoor.
Wikipedia bevat ‘n lang lys van die post-apartheid Suid-Afrikaanse vermoordes. Babita Deokaran, van Gauteng se departement van gesondheid, wat op 23 Augustus 2021 vermoor is, se naam is heel onderaan die lys.
Die patroon is byna identies in elke berig: aanvallers wat uit die niet verskyn en die teikens in hule voertuie doodskiet, en heelwat skietery vind in die opritte van die slagoffers se huise plaas.
Fluitjieblaser Thabiso Zulu het in 2018 die volgende kwytgeraak: ‘As jy die Cosa Nostra verstaan, maak jy nie net die persoon dood nie, maar stuur jy ook ‘n sterk boodskap. (Cosa Nostra het drie reels – “Jy mag nooit een van die geheime van hierdie Cosa Nostra verraai nie. Jy mag nooit die vrou of kinders van ‘n ander lid skend nie. Jy mag nooit met dwelms betrokke raak nie.”
“Ons het die reël van omertà verbreek,” het hy bygevoeg en gesê dat die party van Nelson Mandela soos die Mafia geword het. (Omertà is ‘n stilte-kode oor kriminele aktiwiteite en ‘n weiering om aan die polisie getuienis te lewer.)
Die algemene opvatting is dat die moorde gepleeg word as gevolg van gevegte tussen mededingende politieke partye. Die teendeel is egter bewys. In die meeste gevalle het ANC-amptenare mekaar vermoor deur professionele sluipmoordenaars te huur om mede-partylede uit te skakel in ‘n alles-of-niks-stryd oor geld, wyke en mag, sê amptenare.
Wie is volgende op die ellelange lys?