Skip to main content

Die provinsiale kommissaris van Noordwes, luitenant-generaal Sello Kwena, verwelkom die agt jaar gevangenisstraf wat die Swartruggens-streekhof Dinsdag uitgespreek het in die saak van die 29-jarige Nonhlanhla Matinyane, ‘n voormalige werknemer van ‘n bank in Swartruggens.

Matinyane se vonnis kom nadat sy in hegtenis geneem en aangekla is vir drie aanklagte van bedrog en sewe van geldwassery. Terwyl hy by die bank gewerk het, het Matinyane onwettig R536 000,00 oorgedra na drie verskillende rekeninge van familielede en aan ‘n niksvermoedende rekeninghouer wat die lotery gewen het. Dit is gedoen sonder die medewete van die rekeninghouer.  Die bankondersoekspan het hierdie groot bedrae opgemerk en die rekeninghouer gekontak.  Die 49-jarige slagoffer het geen kennis van hierdie transaksies gehad nie, omdat sy geen kennisgewings ontvang het nie, aangesien die beskuldigde haar telefoniese bank-kennnisgewings geblok het.

Sake van bedrog en geldwassery is teen Matinyane geopen.  Sy het skuld erken op alle aanklagtes teen haar. Matinyane is gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf weens bedrog en drie jaar gevangenisstraf vir geldwassery, wat geheel en al opgeskort is vir vyf jaar.  Die hof het ook gelas dat sy ‘n bedrag van R17 500 moet terugbetaal aan die bank van gelde nie opgespoor kon word nie.

Die provinsiale kommissaris, luitenant -generaal Sello Kwena, het die ondersoekbeampte, Kolonel Peter Phale, van die provinsiale handelsmisdaadeenheid gelukgewens met die ondersoek en die noue samewerking van die bankondersoekspan, wat gelei het tot die arrestasie en vonnisoplegging van die beskuldigde.

Leave a Reply