Skip to main content

Twee studente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is dood en twee ander is in ‘n kritieke toestand nadat rowers Woensdag geld en hul elektronika geëis het.

Die groep studente wat in Botjhabela Village woon, was by hul huurhuis toe drie rowers met klapmusse hulle omstreeks 00:40 aangeval het.

“By hul [die polisie se] aankoms het hulle op ‘n groep studente afgekom wat vermoedelik studeer aan die Universiteit van die Vrystaat, in die QwaQwa-tak (sic). Die polisie het twee manlike lyke op die toneel gevind met noodlottige skietwonde,” het die polisiewoordvoerder Motantsi Makhele gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!