Vroeër vanjaar, na rampspoedige RDK-onderhoude en terwyl die konstitusionele hof nog besluit het of Jacob Zuma tronk toe gestuur moet word omdat hy nie voor die Zondo-kommissie verskyn het nie, het hoofregter Mogoeng Mogoeng sy termyn beëindig deur effektief dadelik met langverlof gegaan. Dit het die konstitusionele hof sonder iemand in beheer gelaat.
Die afgelope weke is daar kommer uitgespreek oor die vraag of die konstitusionele hof besig is om uitmekaar te val in die lig van ‘n paar onlangse uitsprake.