Skip to main content

FoodForward SA, ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie is in 2009 gestig. Hulle doel is om ‘n gekoördineerde sentrale logistieke infrastruktuur te verskaf wat eetbare voedsel vanaf vervaardigers en kleinhandelaars bymekaarmaak en verseker dat hierdie voedsel herverdeel word om daagliks duisende honger mense te voed.

Dit is in wese geregistreerde nie-winsgewende organisasies wat voedsel aan behoeftiges verskaf. Begunstigde organisasies sluit in weeshuise, crèches, huise vir bejaardes, skuilings, gemeenskapskombuise en MIV/vigs -klinieke.

Hul programme sluit in:

Voedselredding: Dit behels die verkryging, versameling, sortering, berging en verspreiding van oortollige eetbare voedsel aan geverifieërde OSW’s.

Aankope: Waar finansiering dit toelaat, koop ons basiese voedselitems soos suikerbone, rys, mieliemeel, ens. aan.

Projekbestuur: Ons implementeer grootskaalse voedingsprogramme namens die regering en donateurs.

FoodForward SA maak staat op die vrygewigheid van ondernemings en individue om hierdie koste-effektiewe oplossing honger mense te voed.

Gaan na foodforwardsouthafrica.org om te kyk hoe jy kan help.

Leave a Reply