Liewe Katrien
Ek en ‘n paar ander mense stig heelwat Facebook groepe waarop ons mense se karakters met leuens uitmekaar pluk om beter oor ons eie minderwaardigheid te voel. Boonop post ons ook onwettige foto’s van hulle kinders. Ons tree op soos tipiese ongeskeerde labia majora en beswadder mense wat ons van geen kant af ken nie. Dit is vir ons lekker om mense só swart te smeer. Ons voel werklik trots daarop wanneer ons mense verkleineer. Sonder hierdie blad sal ons dae maar saai wees, want ons eie lewens is eintlik royal fokkops. Dink jy dat ons verkeerd optree? Is daar so iets soos die hemel en die hel? En het ons ‘n reg om mense te oordeel, al sê die Bybel dat ons dit nie mag doen nie?
Groete
Tik-Tok.
(On)Liewe tik-tok. Julle probeer ander benadeel deur julle eie gedagtes te vergiftig. Kry ‘n lewe: gee bietjie aandag aan jou kinders se opvoeding, (of jou eie), kry oefening, verloor gewig… jy gaan jou self nooit verbeter deur ander te probeer beswadder nie. Boonop kan julle kaal uitgetrek word as julle gedagvaar word. Dit kan nie ‘n mooi prentjie wees nie. Veral nie as jy nie eintlik boobs het nie, né? Ja, daar is ‘n hel – ek vermoed die lewe wat jy vir jouself skep, is ‘n uitstekende voorbeeld van hel. Kan iemand de lewe so leeg wees? Siestog, ek kry julle jammer. Julle is duidelik in die bol ge-Tik-tok.
As jy ‘n probleem het waarmee Katrien kan help, stuur gerus ‘n e-pos na katrien@diewaarheid.com