Skip to main content

Die konstitusionele hof het artikel 10 van die Wet op Registrasie van Geboortes en Sterftes ongrondwetlik verklaar. Dit is omdat ‘n ongetroude pa nie toegelaat word om sy kind se geboorte onder sy van te registreer tensy die moeder teenwoordig is of toestemming gee nie.

Regter Steven Majiedt het ‘n uitspraak van regter Margaret Victor Woensdag voorgelees waarin staan dat die hof bevind dat daar geen regverdiging is om te onderskei tussen getroude en ongetroude vaders nie.

“Artikel 10 van die wet benadeel die waardigheid van ongetroude vaders, wie se bande met hul kinders minder waardig geag word as die kinders van getroude ouers,” het Majiedt gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!