Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, het belowe om sy stryd teen onwettige immigrante voort te sit as sy party in die plaaslike verkiesing in November verkies word.
Mashaba het sy party se manifes Woensdag in Johannesburg bekendgestel en het maatreëls aangekondig om onwettige immigrasie te hanteer.
Sedert sy tyd as burgemeester van Johannesburg, destyds onder die DA, is Mashaba gekritiseer vir sy standpunt teenoor buitelandse burgers, en baie het sy uitlatings as xenofobies gesien.
Mashaba het gesê in munisipaliteite wat deur sy party beheer word, sal dit toegewyde eenhede in die metropolisie vestig om ongedokumenteerde buitelanders te prosesseer.
‘Hierdie eenheid sal die verhouding met binnelandse sake en die departement van justisie professionaliseer om die deportasie van enige persoon wat onwettig hier is, te vergemaklik,’ het hy gesê.
Mashaba het gesê dat hy die departement van binnelandse sake aanspreek weens die versuim om immigrante wat verdien om in die land te wees, behoorlik te verwerk. Hy het die departement gekap oor hul mislukkings en gesê dit het daartoe gelei dat immigrante kwesbaar is vir kriminele sindikate en genadelose werkgewers.
Hy het gesê dat munisipaliteite wat deur sy party bestuur word en ‘n problem met ‘n groot aantal immigrante sonder dokumantasie het, ‘n groter deel van sy begroting sal ontvang.
Mashaba het gesê dat hy sal voortgaan om die regering te druk om diegene wat na SA wil kom, te dokumenteer.
‘Wat die wet betref sal ActionSA nie wegskram van wat oor onwettige immigrasie gesê moet word nie. Suid-Afrikaners, laat ek dit duidelik maak, want daar is diegene wat ons wil stilmaak deur ons posisie oor hierdie baie belangrike saak verkeerd te karakteriseer.
“Ek wil hê dat die mense van die wêreld moet kom na al die munisipaliteite in SA waaroor ons sal regeer, maar hulle moet wettig in die land kom en wanneer hulle hier is, moet hulle ons wette gehoorsaam,” het Mashaba met groot gejuig van sy ondersteuners gesê.
Hy het gesê die vereistes waaraan Suid-Afrikaners voldoen, insluitend die verkryging van visums, wanneer hulle ander lande besoek, moet ook geld vir diegene wat SA besoek.
‘As iemand ‘n probleem met hierdie posisie het, het hy ‘n probleem met die wet en het hy ‘n probleem met hoe elke land ter wêreld werk. Ek kan jou nie met die probleem help nie.”
Mashaba het belowe om die kapasiteit van die metropolisie in al die munisipaliteite waarin hy gaan regeer, – ‘n metropolisiebeampte vir elke 1 000 inwoners – in diens te neem.
‘Hierdie kapasitasie sal nie meer polisie produseer wat met spoedkameras in die bosse wegkruip terwyl ons inwoners hulself teen misdadigers moet verdedig nie. Dit fokus eerder op die bekwaamheid van ‘n etiese en effektiewe metropolisiediens wat fokus op prioriteitsgebiede soos misdaadvoorkoming, kabeldiefstal, wetgewing en dwelmverkeer,” berig TimesLIVE.