Skip to main content

Met hulle ‘totsiens TV-lisensie, hallo huishoudelike heffing’ dra die SAUK vandeesweek die ongesogte kroon.

Die SAUK het aan die departement van kommunikasie gesê dat die wetsontwerp van die SAUK wat reeds vroeër vanjaar deur die kabinet goedgekeur is, die televisielisensie-regime moet ‘herdefinieër’ sodat die openbare diensuitsaaier ‘n beter voet het om op te staan as dit kom by die generering van inkomste.

Die uitsaaier beveel ‘n “huishoudelike heffingstelsel” aan wat gebaseer is op die moontlikheid van toegang tot SABC-dienste – eerder as die werklike gebruik van sy dienste.

Werklik? Dit is dieselfde prinsiep as om iemand wat buite ‘n bakkery staan – en deur die venster na al die lekkernye loer – te laat betaal vir die koeke, want hulle ‘het toegang daartoe, al eet hulle nie daarvan nie’…

Leave a Reply