Skip to main content

Internasionale Dag van Gebaretale word jaarliks op 23 September, saam met die Internasionale Week van die Dowes, regoor die hele wêreld gevier. Dit is om bewustheid van gebaretaal en die menseregte van dowe mense te benadruk.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie berig dat 466 miljoen mense regoor die wêreld aan gehoorverlies ly. Vir sommige van hierdie mense help gehoorapparate en ander hulpmiddels om hul gehoor te verbeter. Daar is egter gevalle waar mense nie heeltemal doof is nie, maar geen toegang tot gehoorapparate het nie en dus is gebaretaal die enigste manier om te kommunikeer. As gevolg hiervan word gebaretale net so belangrik geag as ‘n spreektaal. Volgens die VN is vroeë toegang tot gebaretaal noodsaaklik vir die groei en ontwikkeling van dowe individue.

Leave a Reply