Daar wag dalk goeie nuus vir motoriste aan die begin van Oktober. Die prys van beide petrol en diesel kan moontlik effens daal. Die Sentrale Energiefonds het vanoggend sy syfers bekendgemaak en daar is tans ‘n oorverhaling van 18c per liter op die prys van 95-oktaan en 21c op 93-oktaan petrol. Daar is ook ‘n oorverhaling van 9c per liter op alle grade diesel.