Skip to main content

Jeremy Burge, die skepper van Emojipedia, pluk die vrugte van sy werk. Hy woon op ‘n rivierboot, die ideale plek om met nuwe emoji’s na vore te kom.

Almal van ons gebruik die een of ander tyd hierdie prentjies om ons emosies uit te beeld. Lag, huil woede, slaaptyd-gesiggie.

Hierdie maand word 37 nuwe emoji’s vrygestel, insluitend nuwe nie-geslagtelike emoji’s. Dit sluit ‘n persoon met ‘n kroon in wat by ‘n koning of koningin pas, ‘n swanger man en ‘n nie-binêre swanger persoon.

Die nuwe en bygewerkte emoji’s het die handdruk-emoji aangepas na 15 velkleure, en ander toevoegings sluit in ‘n sexy onderlipbyt om geselsies met jou geliefde op te kikker, hande wat die vorm van ‘n hart maak, en die langverwagte lae battery emoji – want wie het tyd om dit in woorde te tik?

Burge, die wêreld se voorste emoji-skepper woon in Engeland op ‘n rivierboot, die Dottie M, en reis deur riviere en kanale terwyl hy die wêreld op hoogte hou van alles wat verband hou met emoji’s.

‘Dit is ‘n druk verantwoordelikheid, maar dit is lekker,’ sê hy oor sy lewe en sy werk.

Leave a Reply