Na ‘n hoëspoed jaagtog op 21 September 2021, wat ‘n oor en weer geskietery tot gevolg gehad het, het die SAPD se Gqeberha K9 en Blitspatrollie daarin geslaag om drie verdagtes in hegtenis te neem en twee vuurwapens en ammunisie te konfiskeer .
Die drama het omstreeks 15:00 plaasgevind. Die SAPD se honde-eenheid het gereageer op ‘n klag van ‘n verdagte silwer Nissan Micra met drie insittendes. Een van die insittendes het ‘n baadjie en ‘n onbekende voorwerp uit die voertuig gooi. Toe die K9 lede stop om ondersoek in te stel, het hulle ‘n R5 geweer met ammunisie en ‘n 9 mm pistool gevind.
Drie verdagtes tussen die ouderdom van 20 en 28 jaar oud is in hegtenis geneem.
Die ondersoek duur voort.