Damprook (‘vaping’) het sedert 2010 eksponensieël gegroei in SA en word een van die bedrywe wat die vinnigste groei. Alhoewel dit nog steeds ‘n klein deel van die algehele nikotienmark is, hou vapingprodukte die potensiaal in om ‘n groot bydrae te lewer tot werkskepping in SA se anti-rokende agenda.
Onlangs het die Vapor Products Association of SA (VPASA) NKC African Economics opdrag gegee om ‘n studie te doen oor die ekonomiese bydrae van die damp-industrie tot die SA ekonomie. Dit was ‘n opdatering van ‘n studie wat in 2018 deur Canback EIU gedoen is, wat voorspel het dat die bedryf 10 000 direkte werkgeleenthede tussen 2017 en 2027 sou genereer.
Na raming is daar meer as 350 000 gebruikers van damp-produkte in die land. In vergelyking met die geraamde 9-11 miljoen sigaretrokers is almal potensiële verbruikers van damp-produkte. Volgens die bevindinge van NKC: “As jy direkte, indirekte en geïnduseerde kanale van impak in ag neem, het die dampbedryf ‘n geraamde bydrae van R2,5 miljard tot bruto toegevoegde waarde tot SA se BBP in 2019 gehad, gelykstaande aan 2,6% van die BBP in die landbousektor.” Dit is ‘n aansienlike bydrae deur ‘n ‘klein’ bedryf wat skaars 10 jaar gelede bestaan het …