Skip to main content

“Die hoop vir bewaring lê by ons kinders “.

‘n Dag om te besin oor die grootskaalse slagting van die pragdiere.  Vandag is ook nog ‘n kans om ons diepe dankbaarheid teenoor die dapper manne en vroue uit te druk wat onverpoosd in die bos veg teen die uitroei van ons natuurlewe.

Ons is bevooreg om die pragdiere te kan help.

Daar is in die eerste helfte van die jaar 249 renosters in Suid-Afrika gestroop, met meer as helfte van hulle in die Krugerwildtuin.

Dit is meer as die 166 renosters wat landwyd in dieselfde tydperk verlede jaar gestroop is.

Die departement van omgewingsake, bosbou en visserye het Saterdag in ’n verklaring gesê die nasionale inperking in 2020 het bygedra tot ’n afname in renosterstropery.

Die verslapping van die inperking vanjaar het egter weer tot ’n styging gelei.

In die Krugerwildtuin is 715 stropingsaktiwiteite reeds vanjaar aangemeld, ’n styging van 3,77% sedert verlede jaar.  132 renosters en een olifant is in die wildtuin gestroop.

125 mense is die afgelope ses maande vir stropery en die handel in renosterhoring in hegtenis geneem.  Veertig van die vermeende stropers is in die Krugerwildtuin vasgetrek.

Vandag is ook Nasionale Olifantwaarderingsdag.

Dit is tyd dat ons hierdie majestieuse wesens die respek gee wat hulle verdien.

Olifante is die grootste landsoogdier op aarde. Ongelukkig stel mense die toekoms van die olifant toenemend in gevaar. Of jy nou ‘n lewenslange olifantliefhebber is of nie, kan jy dalk vandag ‘n tydjie afknyp om hierdie wonderlike pachyderms te leer ken.

Leave a Reply