Skip to main content

Twee polisiebeamptes van die Kuruman-polisiestasie is Maandag gearresteer nadat hulle glo betrokke was by kapings op die N14 snelweg naby Kuruman gedurende Julie en Augustus 2020.

Die beamptes was glo deel van ‘n sindikaat wat motoriste op die snelweg beroof het van hul persoonlike besittings.  Die Valke was ingelig van die voorval en het ondersoek ingestel.

‘n Deeglike ondersoek het na die arrestasies van die beamptes gelei.  Daar is ook beslag gelê op ‘n Volkswagen Polo wat glo in hierdie misdade gebruik is.

Die beamptes sal na verwagting vandag, 21 September 2021, in die Kuruman landdroshof verskyn op aanklag van gewapende roof, poging tot moord, asook ontvoering.

Met erkenning aan ToekomsVonk.

Leave a Reply

error: Content is protected !!