‘n Plaasaanval het op 18 September op die plaas Sussenvale, tussen Nylstroom en Warmbad, Limpopo, plaasgevind.
Duan Slingerland het die huis opgepas aangesien die eienaar uitstedig was. Hy het ‘n geraas by die skuifdeur gehoor, waarna vier gewapende rowers hom omstreeks 22:43 oorval het.
Die rowers het hom aangerand en deur ‘n venster gegooi. Hy het ernstige snywonde opgedoen. Die rowers het hom daarna by die huis ingesleep en die huis geplunder. Hulle het vroeg-oggend met verskeie gesteelde goedere in Slingerland se voertuig gevlug. Slingerland het daarna na die buurplaas geloop vir hulp. Hy is dadelik na die hospitaal geneem vir behandeling.
Die polisie is na die toneel ontbied, maar nog geen arrestasies is gemaak nie. Die ondersoek duur voort.
Met erkenning aan ToekomsVonk.