Skip to main content

Hier is ons weeklikse keur van diere vir aanneming in Gauteng. Hou egter in gedagte dat daar reddingsinstansies regoor Suid-Afrika is wat desperaat is om nuwe huise vir wees-troeteldiere te vind. As jy nie ‘n plekkie vir ‘n aanneem-dier het nie, sal elkeen van hulle ‘n donasie van geld, kos of ander benodighede hoog op prys stel.

Wollie is by Wetnose Animal Rescue Centre. Die arme diertjie se eienaars het hom net weggesmyt. Hy kuier tans in die Wetnose kantoor en hy geniet dit om saam met die ander honde daar te speel. Gee groot asseblief vandag nog vir hom ‘n nuwe huis. 013 932 3941 of adoptions@wetnose.co.za

Wollies Animal Project huisves twee wees diere. Vanilla en Coconut kan saam of apart aangeneem word. As jy vir een of selfs altwee van hulle ‘n huis kan gee kontak asseblief dadelik vir Wollies: 061 605 0002 of 083 339 1692.

Kempton Park DBV huisves Leo, ‘n pragtige spierwit kat wat graag saam met jou wil  huis toe gaan. Kontak gerus die Kempton Park DBV om hom of enige ander diere aan te neem.

Leave a Reply