Skip to main content

Honderde militêre voertuie is Donderdagaand in ‘n brand by die weermag se voertuigdepot in Wallmansthal, Pretoria, vernietig.  Die brand het volgens berigte buite begin en na binne versprei waar die voertuie geparkeer was.

Die verwoestende brand kom net vier jaar nadat 83 weermagvoertuie in ’n soortgelyke voorval verwoes is.  Hy sê die basis het geen brandbane gehad nie en die gras was plek-plek heuphoogte. Die 2017-brand het ontstaan toe die weermag ná vele waarskuwings oor die lang gras probeer het om voorbrande te maak.

Lede van die parlementêre portefeuljekomitee oor verdediging was in Mei stomgeslaan toe hulle hoor die weermag het al meer as R1 miljard aan Kuba betaal vir die dienste van 150 motorwerktuigkundiges wat voertuie by Wallmansthal in stand moes hou.

Volgens ‘n woordvoerder van die Sinnoville-brandbestrydingsvereniging wat eerste op die toneel was het sowat tussen 500 en 1000 voertuie uitgebrand. Dit sluit tenkwaens, Njalas, sleepwaens en vragmoters in.  Al wat die weermag tot die hele operasie kon bydra, was glo een watertenker en ’n Land Cruiser met ’n watersak.

Die weermag het Saterdag in ’n verklaring bevestig dit was voertuie wat wag om mee weggedoen te word of om as onherstelbaar verklaar te word.

J.P. Botha, die voorsitter van die Sinoville-brandbestrydingsvereniging in Pretoria, bedank sy brandweermanne wat eerste op die toneel was.

Leave a Reply