Skip to main content

Die provinsiale kommissaris van die Suid-Afrikaanse polisiediens in Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het lede toegejuig vir hul harde werk en toewyding wat gelei het tot ‘n deurbraak in ‘n saak waarin ‘n 30-jarige vrou, wat as lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) gewerk het, op 9 September 2021 wreed vermoor is te Tonga naby Komatipoort.

“Daar word gesê dat sy, net toe sy uit die huis verlaat het, glo deur verdagtes aangeval is en met ‘n mes gesteek is. Die verdagtes het toe van die toneel gevlug,” sê brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder.

Die twee verdagtes is deur lede van die SAPD in Tonga gearresteer en het Maandag, 13 September 2021 voor die landdroshof in Nkomazi verskyn.

Die twee verdagtes bly in aanhouding na hul hofverskyning en sal weer op 27 September 2021 voor dieselfde hof verskyn vir ‘n formele borgtogaansoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!