Skip to main content

‘n Bejaarde egpaar wat in hul huis in Umtentweni buite Port Shepstone in Kwazulu-Natal vermoor is, is geïdentifiseer as Murray Ross (67) en sy vrou Julie Ross (60).

Polisiewoordvoerder, Kaptein Petros Mpinge, het gesê die egpaar is op 28 Augustus omstreeks 12:00 met steekwonde in hul nek en kop gevind.

“Daar word beweer dat die huiswerker ‘n oproep ontvang het, en gevra is om te kom help om die inkopies uit te laai.  By aankoms het sy egter opgemerk dat die motor se deure oop staan.  Sy het begin om die inkopies in die huis in te dra. Toe sy die huis binnekom, het sy die oorledene se liggaam wat op die vloer lê, met baie bloed gesien,” het Mpinge gesê.

Sy het onmiddelik dit by die bure aangemeld, wat die polisie gebel het.  Die egpaar is op die toneel dood verklaar.

Die polisiewoordvoerder het gesê ‘n saak van moord word deur Port Shepstone SAPD ondersoek. “Die aanvanklike ondersoek het aan die lig gebring dat die onbekende verdagtes diefwering oop geforseer het om toegang te verkry.  Die huis is heeltemal omgekrap.  Daar is nog geen arrestasies gemaak nie.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!