Skip to main content

Ondersoekers in Florida het gesê hulle het Sondag ‘n lyk in die Bridger-Teton National Forest gevind wat volgens hulle die 22-jarige Gabrielle Petito blyk te wees. Die #VanLife sosiale media blogger het vermis geraak het tydens ‘n reis saam met haar verloofde.

Petito is op 11 September as vermis aangemeld en is laas naby die nasionale woud in Grand Teton National Park in Wyoming gesien. Haar familie het gesê dat hulle die laaste week van Augustus laas met haar in aanraking was.

Petito se verloofde, Brian Laundrie, het sonder haar op een September teruggekeer na North Port met haar wit bakkie waarin hulle deur die land gereis het.

Die Suffolk County-polisiekantoor in New York, waar Petito se familie woon, het gesê Laundrie het geen poging aangewend om hulle te vra om te help om sy verloofde te vind nie. Laundrie is verlede week amptelik deur die polisie uitgewys as ‘n ‘persoon van belang’.

Hy word sedert Vrydag vermis.

Die FBI se Charles Jones het gesê hoewel hulle nie ‘100%’ kan bevestig dat dit Petito is wat gevind was nie, wag hulle vir ‘n volledige forensiese verslag om hul vermoede te beaam.

Die soektog na Brian Laundrie duur voort.

Leave a Reply

error: Content is protected !!