Skip to main content

Drie verdagtes is eindelik Woensdag in die hof in Klerksdorp, Noordwes, gevonnis na ‘n moordsaak van ‘n bekende beesboer wat al vir 6 jaar lank sloer.

Die bekende beesboer en sakeman van Potchefstroom, Koos van der Leeuw (68) is in Augustus 2015 tydens ‘n rooftog doodgeskiet.  Van der Leeuw het glo na die slagpale op die dorp gegaan om ‘n transaksie met ‘n man van Krugersdorp aan te gaan.  Hulle is by die slagpale deur 4 mans oorval.  Die man van Krugersdorp is van ‘n onbekende aantal kontant en sy selfoon beroof.  Die aanvallers het die man van Krugersdorp forseer om op die grond te lê, waarna daar skote afgevuur is.  Van der Leeuw het ‘n skietwond aan sy kop opgedoen en die aanvallers het daarna gevlug.  Van der Leeuw is egter later in die hospitaal oorlede.

Drie aanvallers is in September 2020 skuldig bevind aan van der Leeuw se moord.  Hulle sou in November 2020 gevonnis word, maar die saak is baie kere uitgestel.  Een van die aanvallers het by die slagpale gewerk en het die voorval beplan.  Hy is tot lewenslank gevonnis op aanklag van moord. Die ander twee is tot 22 jaar tronkstraf gevonnis vir hulle betrokkenheid by die moord.  Die drie aanvallers is ook elk tot ‘n bykomende 15 jaar tronkstraf gevonnis op twee aanklagtes van roof, wat gelyklopend saam met die moordvonnisse uitgedien sal word.

Daar word intussen nog na die vierde verdagte gesoek.  Hy is vroeër op borgtog vrygelaat en hy het nooit vir die hofverrigtinge in September 2020 opgedaag nie.  Hy het glo tydens die aanval op van der Leeuw se 73-jarige vrou, Marietjie, wat nie tydens die voorval beseer is nie, geskiet.  Hy word ook aangekla vir poging tot moord.

Met erkenning aan ToekomsVonk.

Leave a Reply

error: Content is protected !!