Die selfmoord van die 16-jarige Thomas Kruger, destyds ‘n graad 10-leerling aan die St Andrew’s College, bly ‘n raaisel vir sy bedroefde pa, Charl. Dis byna drie jaar sedert sy seun se tragiese dood, het Charl, ‘n finansiële adviseur, gesê. Hy glo dat daar meer is aan die angs en lyding wat daartoe gelei het dat sy seun die hartseer stap geneem het deur homself by die skool op te hang.
‘Daar is geen woorde om die verlies van ‘n kind uit te druk nie’, het Charl gesê.