Skip to main content

Die regering wil ‘n nuwe beleggingsmaatskappy stig wat sy belang in Suid-Afrika se staatsondernemings (SOE’s) soos Eskom, Denel en Transnet sal bestuur. Die maatskappy kan uiteindelik ook aandele in besighede in die private sektor aanskaf.

Kgathatso Tlhakudi, direkteur-generaal van die departement van openbare ondernemings (DPE), het verlede week aan ‘n parlementêre kommitee gesê dat die proses aan die gang is om die nuwe maatskappy te stig.

Die idee is dat die onderneming ‘n aktiewe belegger en aandeelhouer in SOE’s moet wees met die doel om volhoubare waarde op die lang termyn te lewer. Dit kan insluit die verkoop van aandele in staatsondernemings en die vind van ‘volhoubare finansieringsmodelle’.

Dit sal 100% deur die SA regering besit word en sal direk aan die presidensie verslag doen.

Leave a Reply