Die Verkiesingskommissie van SA (OVK) sê dit het moontlike brandpunte vir kiesersregistrasie geïdentifiseer en aan die polisie oorhandig sodat hulle daar sekuriteit kan bied.
Die OVK het die media gistermiddag ingelig oor sy gereedheid vir die registrasie-naweek voor die verkiesing op 1 November, maar ook gesê dat hulle paraat is vir onderbrekings tydens die registrasie-naweek.