Daar heers totale wanorde in die hanswors-ANC, en net een voorbeeld hiervan is hul versuim om hul kandidate betyds vir die verkiesing te registreer. Die ANC se towenaar-geldkoffers is dolleeg (en nee, daar is nie eers hase daarin versteek nie). Daar is ook gereeld interne gevegte en daar is geen veiligheidsnette nie.
Hulle verloor duidelik beheer oor munisiplaiteite waar hulle die verkiesing in 2016 gewen het, en die eens opgewonde toeskouers se sitplekke raag leeg.
Die opposisie slyp hul tande vir munisipaliteite wat tans onder ANC beheer is. Gaan die kulkunstenaars denkbeeldige stof in hul oë skop?
Cyril se gewildheid het ‘n goeie duik opgedoen na die inhegtenisname van oudpresident Jacob Zuma. Hy probeer hard om op die styfgespande staaldraad te loop, maar die paal in sy hande is ongebalanseerd…
Net tyd sal leer of die gehoor staande applous gaan gee, en of daar net ‘n hol eggo in die ANC-tent gaan wees.