Skip to main content

Liewe Katrien
Ek vermoed dat een van my werkskollegas skryfbehoeftes gaps by die werk. Ek kuier so af en toe by haar aan’t huis, en sien dat sy nou ‘n hoekie in haar eetkamer ingerig het waar sy glo wil begin boeke skryf. Dis klein goedjies, soos ‘n pak tikpapier, (sy het nie eers ‘n printer nie), penne, ‘n notaboek en ‘n liniaal. Alles goed wat maklik in haar reuse handtas (sy het nie ‘n handsak soos ander vrouens nie) sal pas. Hoe benader mens so iets?
Agterdogtig

Liewe Agterdogtig
Ek stel voor dat jy eerstens self met haar praat oor jou vermoede voordat jy na bestuur toe hol. As jy dit nie direk wil aanspreek nie, kan jy iets sê soos ‘O, ek sien jy het ook van die werk se penne/liniale/notaboeke, ensovoorts. Ek leen ook af en toe iets want dis so ‘n schlepp om winkels toe te gaan. Gelukkig neem ek dit weer terug.’ Kyk dan hoe sy reageer.
Een van twee dinge kan gebeur:
Sy kan of met jou saamstem oor die ‘lenery’ of sy kan vir jou sê dat julle kantoor nie die enigste plek is wat penne/liniale/notaboeke, ensovoorts aankoop nie. Daar is immers miljoene van dieselfde soort skryfbehoeftes op winkelrakke.
My vraag aan jou is of jy nie self agter die deur staan nie…

As julle enige probleme het, en vir Katrien wil vra vir raad, stuur gerus ‘n e-pos na katrien@diewaarheid.com

Leave a Reply

error: Content is protected !!