Skip to main content

Hester Cowling, beter bekend as tannie Babsie, was gelief en bekend om die mooi klere wat sy gemaak het. Een van haar moordenaars is Woensdag tot 22 jaar tronkstraf in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis.
Johannes Cornelius (Hannes) Fourie is Woensdag tot 22 jaar tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord op Hester Cowling in 2019.
Cowling, wat bekend was as die gawe tannie Babsie, het alleen in haar huis in die Capital Park, omgewing van Pretoria gewoon. Op 5 Desember 2019 het Fourie haar besoek en die veiligheidsdeur oopgelos sodat hy en ’n medepligtige haar kan beroof. Hulle het vooraf twee mandrax-tablette gerook, waarna die medepligtige met die voorstel gekom het om Cowling te beroof.
“Hy hoort nie in die samelewing nie,” het Varnfield gesê.
Andrew Varnfield, een van Cowling se kleinkinders, het gesê hulle stem saam dat Fourie ’n swaarder vonnis moes kry.
Dit was sy ouma se droom om 104 jaar oud te word en dit is haar nie gegun nie. Die vonnis sal nie hul geliefde ouma, wat so lief was om vir almal klere te maak, terugbring nie, maar dit handel die saak in ’n mate af. “Nou kan ons weer met liefde terug dink aan al die goeie tye en deur die foto’s van al die spesiale vakansies gaan,” het hy gesê.
Die polisie soek nog na dié man met die grys kappiebaadjie. Hy vermoedelik met Hester Cowling se bankkaart geld in Eersterust, Pretoria, onttrek nadat sy op 5 Desember 2019 vermoor is. Al die transaksies met Cowling se bankkaart was op 5 en 6 Desember 2019 gemaak.
Fourie het in sy pleit ooreenkoms gesê. “Ek het vir hom gewys watter bankkaart se PIN ek ken, omdat ek die oorledene al in die verlede gehelp het om onttrekkings te doen.”
Fourie gaan verder aan om te sê dat die voorval dag en nag by hom spook. Hy was ondanks die dwelms bewus van wat hy gedoen het en verdien dus om gestraf te word. “Die oorledene het my soos een van haar kinders gehanteer en my baie vertrou.”
De Vos het Fourie se pleit aanvaar, “Jy is ’n gelukkige man. As dit net van my afgehang het, sou ek nie gehuiwer het om jou ’n lewenslange vonnis op te lê nie,” het die regter gesê. “Jy het geen ander rede as geldgierigheid gehad om haar te vermoor nie. ’n Mens kan nie laer daal as dit nie.”
Daar is ook bevind dat Fourie ’n slegte geskiedenis met die gereg het. Hy het ses vorige veroordelings van onder meer huisbraak en diefstal teen hom.
“Die ooreenkoms was dat hy (die medepligtige) sou inkom en dan beroof ons die oorledene (Cowling). Onmiddellik nadat hy ingekom het, het hy haar met ’n onbekende voorwerp agter die kop geslaan,” sê Fourie in sy pleitverduideliking. Die medepligtige, wat nog deur die polisie gesoek word, het vir Fourie geskreeu om die deur toe te maak en ’n plastieksak uit die kombuis te bring.
“Toe ek terugkeer, was hy besig om haar te verwurg. Hy het my vertel sy is dood en ek moet haar kop toemaak met die plastieksak. Ek het dit gedoen met die wete dat die sak haar dood kan veroorsaak,” sê Fourie.
Al wat gesteel is, is Cowling se bankkaart. Daarmee het Fourie en die medepligtige R8 517,98 onttrek en dit bestee. Albei van hulle is op beeldmateriaal gevolg waar geld by ’n kitsbank onttrek, aankope by ’n kettingwinkel gedoen en ’n transaksie by ’n casino in Eersterust, oos van Pretoria, aangegaan is.
“Jy het geen ander rede as geldgierigheid gehad om haar te vermoor nie. ’n Mens kan nie laer daal as dit nie.”
So het regter Hennie de Vos gesê toe hy die 49-jarige Johannes Cornelius (Hannes) Fourie Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis het.
Die polisie ondersoek duur voort.

Leave a Reply