Op 25 Augustus, dertig jaar gelede, het Michael Schumacher sy heel eerste Formule 1-resies in Spa, België, gery. Vroeër in Augustus, ook op die 25ste, het Netflix die amptelike lokfliek vir ‘Schumacher’ vrygestel, die uiteindelike fliek-verhaal van die sewemalige Formule 1-kampioen Michael Schumacher.
Die film getiteld Schumacher beskryf die lewe en loopbaan van die Duitse renjaer, wat sedert die ernstige ski-ongeluk in 2013 nog nie in die openbaar gesien is nie, en beloof argiefmateriaal wat nog nooit voorheen gesien is nie wat die “vele fasette van sy persoonlikheid” toon.
Die fliek van die renlegende, nou 52, is ‘die enigste film wat deur sy familie ondersteun word’, het die platform in ‘n persverklaring gesê.
Die bestuurder van Schumacher, Sabine Kehm, beskryf die film as die “geskenk van die gesin aan hul geliefde man en pa”.