Skip to main content

Die voormalige woordvoerder van Umkhonto weSizwe, Carl Niehaus, het sy stryd met die leiers van die party verskerp deur aanklagte teen die ANC en nasionale ampsdraers by die Johannesburgse sentrale polisiekantoor in te dien.
Die aanklagte sluit bedrog, diefstal, korrupsie en ander statutêre misdade in verband met die wanbetaling van personeel se salarisse en voordele in, insluitend WVF, mediese fonds en voorsorgfondse.
Die Waarheid is in besit van hofdokumente wat ‘n 15 September 2021 datumstempel op het.
In hierdie kriminele klagstaat is Die Staat die klaer. Onder ‘Die Staat’ word bedoel al die werknemers van beskuldigde nommer ses soos hieronder gelys:
Cyril Matamela Ramaphosa, beskuldigde nommer 1
David Thabethe Mabuza, beskuldigde nommer 2
Yasmin Jessie Duarte, beskuldigde nommer 3
Gwede Samson Mantashe, beskuldigde nommer 4
Paul Shipokosa Mashatile, beskuldigde nommer 5
African National Congress, beskuldigde nommer 6
Die klagstaat bevat bewerings dat die beskuldigdes vanaf ongeveer middel 2018 tot die hede:
• Die klaers mislei het deur voor te gee dat gelde wat van hul salarisse verhaal was aan die korrekte relevante departemente oorbetaal is
• Die klaers geglo het dat hul fooie na die regte departemente oorbetaal is
• Die aangeklaagdes geweet het dat hulle hul werknemers mislei het
• Die aangeklaagdes roekeloos opgetree het deur voor te gee dat werknemers se fooie oorbetaal is
Die klagtes beweer ook dat die aangeklaagdes steeds voortgaan om werknemers om die bos te lei;
Dat die aangeklaagdes erken het dat hulle die werknemers mislei het en hulle (die werknemers) gevra het om nie die saak by die polisie aan te meld nie
Dat die aangeklaagdes wetlik verplig is om dit aan te meld by die owerhede
Dat die klagtes op nasionale vlak oor ‘n lang tydperk gebeur het
Dat die bogenoemde nie slagofferlose misdade is nie en dat sommige lede in hierdie tydperk oorlede is, wat ‘n wydreikende gevolg het vir familielede en naasbestaandes van die oorledenes

Die eerste dokument stipuleer dan ook dat die twee klaers, Macdonald Mathabe (eerste klaer) en Carl Niehaus (tweede klaer) al die bogenoemde op skrif stel om hulle te beskerm teen viktimisering, intimidasie en teistering.

Die formele klagstate het betrekking op WVF, mediese fonds en voorsorgfondse. Al die wette wat oortree is word gelys.

Die beskuldigdes word dus volgens die dokumente formeel aangekla van (1) bedrog, (2) diefstal, (3) korrupsie, en verskeie statutêre misdaadklagtes (4,5,6,7) waaronder die Wet op Werkloosheidsversekering 63 van 2001, die Wet op Pensioenfondse, PAYE regulasies, die Wet op Belastingadministrasie en/of enige ander oortredings wat die ondersoek kan ontbloot.

Leave a Reply