Funulwazi Mnguni, die broer van die ontslape regter Jerome Mnguni, het ‘n beëdigde verklaring voor die hooggeregshof in Pietermaritzburg afgelê wat onder andere lui dat die familie ‘die opsie van ‘n nadoodse ondersoek’ bespreek.
Die vrees onder die familielede dat Jacob Zuma-volgelinge die graf van regter Jerome Mnguni kan skend as hy in Pietermaritzburg begrawe word, is ook deur sy broer in hofstukke geopper.
Omdat sy dood “skielik” gekom het en in die lig van dreigemente wat hy ontvang het ná sy onlangse uitspraak teen Zuma, “wil die gesin sekerheid hê dat sy dood die gevolg is van natuurlike oorsake,” het Funulwazi gesê.