Stel jou voor dat jy tydens ‘n operasie wakker word, maar jy kan dit nie vir iemand sê nie weens die narkose.
Hoe gereeld gebeur dit eintlik?
BBC-nuusberigte oor nuwe inligting toon dat honderde mense rapporteer dat hulle wakker was tydens groot operasies ondanks narkose.
“In die grootste studie in sy soort stel wetenskaplikes voor dat dit in een uit elke 19 000 operasies gebeur,” volgens die BBC.
Die studie is gelei deur die Royal College of Anesthetists en Association of Anesthetists van Groot -Brittanje en Ierland. Die navorsers het drie miljoen operasies oor ‘n tydperk van een jaar ontleed.
Die meeste pasiënte het uiterste angs en ‘n warm gevoel gehad. Meer as 300 mense het gesê dat hulle ‘n mate van bewustheid tydens ‘n operasie ervaar het. ‘n Gedeelte van hulle onthou eintlik ervarings van jare gelede. Baie episodes was van korte duur en het gebeur voordat die operasie begin het of nadat die operasie uitgevoer is.
Ongeveer 41% van die gevalle het egter lang termyn sielkundige skade opgedoen. Talle pasiënte het verskeie ervarings onder narkose gehad – van paniek en pyn tot verstikking – maar nie alle episodes het groot kommer of gemengde gevoelens veroorsaak nie.